Nuus

Selebi-vonnis: Geluk, maar kan dit weer gebeur?

 

AfriForum het lede van die nou ontbinde Skerpioene-eenheid gelukgewens met die rol wat hulle gespeel het om die skuldigbevinding en vandag se vonnisoplegging van die voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi, moontlik te maak. Selebi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Lees meer

Solidariteit-lid op pad werk toe voorgelê, tereggestel

Herinstelling van spesialiseenhede nodig om geweldsmisdadigers vas te trek – Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het vandag weer benadruk dat die spesialiseenhede soos die voormalige Moord- en Roofeenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) heringestel moet word sodat geweldsmisdadigers soos dié wat vanoggend vir die koelbloedige moord op ʼn Solidariteit-lid, mnr. Koos Daffeu, verantwoordelik was, vasgetrek kan word.

Lees meer

Regering moet met ander lande in gesprek tree oor renosterstropery

 

AfriForum sê die onlangse arrestasie van sewe vermeende renosterstropers, almal van Viëtnam, Zimbabwe en Mosambiek, is weereens `n bewys dat goeie grensbeheer belangrik is.

Lees meer

Afskaffing van spesialis-eenheid deels verantwoordelik vir toename in renosterstropery

 

Volgens AfriForum is die afskaffing van spesialis-eenhede in die polisie gedeeltelik verantwoordelik vir die toename in renosterstropery.  Die voormalige Bedreigde Spesies Beskermingseenheid is saam met ander spesialiseenhede in die polisie afgeskaf.  Volgens mediaberigte is daar vanjaar al 126 renosters gestroop.  Dit is reeds ses meer as die totaal van 120 renosters wat in 2009 weens wildstropery dood is.

Lees meer

Meer as 5 400 sê: “Stop reeksverkragter!”

 
“As die polisie hulle werk gedoen het, was my kind se moordenaar nooit vrygelaat nie.” Dit is die woorde van die pa van die 11-jarige Marike Jansen van Riversdal wat in September 2005 wreedaardig verkrag en vermoor is. Jakobus September, oftewel Pepe, is in 2005 gearresteer vir die moord en verkragting van Marike, maar is weens ʼn gebrek aan bewyse vrygelaat. Pepe staan tereg op nóg ʼn aanklag van verkragting, sowel as ʼn aanklag van poging tot moord en roof. Hy en sy 17-jarige medebeskuldigde het op 28 Junie 2010 in die Riversdal-landdroshof verskyn. Honderde woedende inwoners het tydens sy hofverskyning voor die landdroshof betoog.

Solidariteit Helpende Hand het onlangs ʼn veldtog afgeskop om Suid-Afrikaners te mobiliseer ten einde te verhoed dat dié beweerde reeksverkragter en moordenaar wéér op borgtog vrygelaat word. ‘n Totaal van 5447 Suid-Afrikaners het intussen op die webblad www.stoppepe.co.za, per SMS, of deur petisielyste protes aangeteken dat Pepe moontlik op 21 Julie op borgtog vrygelaat gaan word. Lede van die publiek kan die woord “Pepe” na 34388 SMS. (ʼn SMS kos R2.)

Lees meer

Argief